ernest-de-bruin-lewensafrigter-life-coach-durbanville001009.jpg

Wat is Lewenstylafrigting?

Verbeel jou iemand luister na jou sonder oordeel en laat jou toe om jou emosies te wys. Iemand wat jou aanvaar sonder om jou te oordeel. Iemand met wie jy gereeld kan gesels – ongeag of jy sukses behaal het, en of jy doodeenvoudig ‘n gemors van dinge gemaak het. Hierdie is die plek wat jy gereeld en getrou besoek… om te konsolideer, te integreer, en om deur te druk. (Vry vertaal met die vriendelike toestemming van New Insights Africa Life Coach Training)

 Lewensafrigting is ‘n metode om mense te help om persoonlike doelwitte te identifiseer en te bereik. Dit help hulle om doelwitte te stel en te bereik deur ‘n verskeidenheid hulpmiddels en tegnieke. Lewensafrigters is nie terapeute of konsultante nie. Sielkundige ingryping en besigheidsanalise val buite die raamwerk van hul taak. Lewensafrigting vind inspirasie vanuit verskeie dissiplines, insluitende sosiologie, sielkunde, positiewe volwasse ontwikkeling, loopbaan-berading, mentorskap en ander vorms van berading.

Wat is die verskil tussen afrigting, berading en terapie?

'Beraders en terapeute mag in die verlede soek vir antwoorde. Lewensafrigters hanteer vandag en die toekoms.'

Lewensafrigting se basis is die hede en die toekoms. Dit berus op die beginsel dat die toekoms nie aan die verlede gelykgestel hoef te word nie. Lewensafrigters dien as ‘n katalisator om die kliënt te help om self hulle pad vorentoe te bepaal. Dit is ‘n werkswyse wat baie verskil van dié wat deur terapeute en beraders gebruik word.
Ernest de Bruin Lewenstylafrigter / Life Coach

Wie kan baat vind by Lewenstylafrigting?

  Is enige van die volgende op jou van toepassing?


Hierdie is sommige voorbeelde waar lewensafrigting jou kan voorsien van die nodige vaardighede om voluit te kan lewe.
Comensa ernest-de-bruin-lewensafrigter-life-coach-durbanville001004.jpg
Site Search Google

South Africa
Twitter
ernest-de-bruin-lewensafrigter-life-coach-durbanville001002.jpg

Cycle for MS Awareness

ernest-de-bruin-lewensafrigter-life-coach-durbanville001001.jpg